Grondbone Kontrakte
Voorseisoen kontrakte word met voornemende kliënte aangegaan en ‘n kontrak behels die volgende:
‘n Minimum kontrak prys word aan die kliënt voorgehou. Die kliënt aanvaar die aanbod en onderneem om die opbrengs van die oes aan ons te lewer.
Die klient verbind hom tot die ooreengekome hektare droëland of besproeiing wat hy wil plant.
Ons voorsien aan hom gesertifiseerde saad van die variteit van sy keuse.
Indien hy dit verkies verskaf ons dan aan hom die nodige entstof van Soygro om die saad mee te behandel.
Alle ander produkte van Soygro is ook uit ons depot aan die kliënt beskikbaar. Ons voorsien ook toedieners vir die toediening van vloeibare entstof, ens in die plantvoor. Gedurende die seisoen voorsien ons ook alle Soygro produkte wat die kliënt mag benodig.
Hierdie gelewerde produk word sodra die oes gelewer word van die kliënt verhaal
‘n Verdere diens, eksklusief aan ons kliënte is dat ons ook alle chemiese middels verskaf soos benodig.
Ons voorsien aan u ‘n spuitprogram vir die seisoen en dit behels die onkruiddoders asook die Aalwurm en swambeheermiddels.
Ons besoek u gereeld gedurende die seisoen en lewer die nodige ondersteuning waar ons kan.
Hierdie gelewerde produk word ook van die klient verhaal met lewering.
Nylverspreiders behou die reg om kontrakte en produkte(insette) te verskaf aan kliente na goeddunke.
Die uithaal en plukproses word deur die kliënt gedoen en in sakke wat deur ons voorsien word gelewer.
Sodra die bone(in peule) droog genoeg is stuur ons ‘n vragmotor om dit te kom laai. Die kliënt laai die vrag en ons laai af by die fabriek. Kliënte met eie vervoer kan dit self doen en ons betaal dan per ton pitte gelewer ‘n bedrag vir die vervoer aan die boer uit.
Graderings word by die fabriek gedoen nadat die vrag geweeg is. Dit staan jou as kliënt vry om die graderings proses by te woon. Graderings word volgens voorskrifte van Sansor gedoen.
Een week later is jou geld in die bank. Alle saad asook produkte aan die kliënt gelewer word eers afgetrek.
Aankoop van Droëbone
Omdat die droëbone mark so wisselvallig en “moeilik”is doen ons nie op gereelde grondslag kontrakte vir droëbone nie.
Afhangende van mark tendense kan daar wel sommige jare kontrakte beskikbaar wees.
Ons sal graag jou bone (graad 2) wil aankoop op die volgende voorwaardes:
Ons verkies die bone in mooi skoon wit sakke om transport en hantering te vergemaklik.
Sodra jy begin stroop – voorsien u ons van ‘n verteenwoordigende “monster” en ons sal terugkom met ‘n prys na u toe. Ons sal onskoongemaakte bone laai asook reeds skoongemaak.
Ons laai die produk op die plaas, die vrag word geweeg en afgelaai.
‘n Week later is die geld in u rekening soos ooreengekom.