Modimolle (Nylstroom), Limpopo

Stuur Epos

admin@nylverspreiders.co.za

Skakel Ons

014 747 2004

Vind Ons

Vosstraat 2, Nylstroom (Modimolle)

Kunsmis

Chemiese Kunsmis.

Ons pakket het alle standaard kunsmis mengsels soos beskikbaar in die handel. Die kunsmis kan aangevul word om swael en ook  mikro elemente te bevat volgens jou behoefte of soos vereis in die grondontleding.

Ons meng enige mengsel soos per aanbeveling vereis.

Die basis van ons mengsels is Map waar dan Kcl bygemeng word om die kalium vlakke te verkry.

As stikstof bron is daar ‘n keuse tussen Ureum en/of Amoniumsulfaat en/of Kan.

As kalium bron kan ons ook kaliumsulfaat inmeng.

Half Organiese Kunsmis

Hierdie selfde beginsel word toegepas om ‘n organiese komponent in te bring deur Agriman se organiese korrels (vertoon soos chemiese kunsmis) in die mengsels in te meng.

Word in dieselfde fabriek gemeng en kliënte het ‘n keuse om die organiese komponent by te meng. Hierdie produk vloei maklik deur die planter bakke en veroorsaak geen aanpaksel in jou kunsmisbakke nie. Hierdie mengsel word ook baie effektief deur kliënte uitgestrooi.

Verpakking in 50kg sakke, in “slingbags” of 500kg sakke.

Vervoer: Aflewering geskied in vragte van 3 ton, 8 ton en 34 ton.

 

Verpilde Hoedermis mengsel

Hierdie mis word verryk met chemie en dan verpil.  Konsentrate baie laer as die chemie maar met sekre ander voordele.

Hier word veral klem gelê op die stimulering van die mikrolewe in die grond. Ook hier kan produk gemeng word na die kliënt se bEhoeftes. Weer kan die kliënt kies tussen die stikstof bron om die N aan te vul.

Verpakking in 50kg sakke of in 500kg sakke.

Vervoer:              Aflewering geskied in vragte vanaf 4 tot tot 34 ton.